Ek het 'n groot bekommernis en dis 'n snel groeiende euwel wat kop uitsteek in ons Volk, dit is klassisme.
Ek tel dit al hoe meer en meer op. Ek weet "snobs" was daar nog altyd maar die keer is dit anders as net gewone "snobs". Dit is 'n kanker wat die armes wegwens of self doodwens en die eie ek as beter as almal anders sien. Hulle sien geen geloof, ras, kleur, geslag, verkeerd of reg nie maar net geld en mag.
Die vloek wat dit op ons Volk sal bring vanaf God sal ondraagbaar groot wees as ons hulle ons leiers maak en aanhou navolg.
Die hoërklas sal ook doelbewus die wat hulle dink laerklas is probeer benadeel.
Klas word nie bepaal deur geld in my oë nie, maar deur die edelheid van jou siel, die krag van jou inbors en die diepte van jou geloof
Die Boere op die foto was brandarm met bitter min besittingkies binne in 'n oorlog gewikkel maar hulle klas was so hoog vêr bò die wat vandag snobisties is.
Klassisme se definisie: Die vooroordeel of diskriminasie op grond van sosiale klas. Dit bevat individuele houdings, gedrag, beleidstelsels en praktyke wat ingestel is om die hoërklas te bevoordeel ten koste van die laerklas.