In my vroeë twintigs het ek (maar soos die meeste van ons een of ander tyd doen) meegevoer geraak in die malle lewens maelkolk. Ek het vroeg 'n pa geword en moes nog baie lewens lesse leer en het finansieël maar swaar gekry.
Ek het die mens in die spieel begin haat...
Ek het wel my lewe omgedraai maar dit het bloed en sweet en baie foute gekos.
Ek voel ek is weer by so draai punt waar ek sal moet fokus op my eie gesondheid liggaamlik en sielkundig. Die keer wil ek ander manne saam my op die reis vat.
Ek sal 'n video op my blad binnekort plaas met meer inligting van hoe ons as 'n groep manne saam die reis tot verbetering kan aanpak. Dit gaan jou niks kos behalwe die wil om te verbeter en manne om jou wat jou gaan verantwoordlik hou en ondersteun.
Boodskap my solank indien jy belangstel. Ek sal terugkom sodra ek alles in plek het.
21
7
1December 5, 2024 2.5K 2



